top of page
FOTO 1

Foto Nr 1 is op 18 Des 2010 tyd 17h00, geneem voordat, 10 Eko waterkrip  doserings tablette in die waterkrip gegooi is.

Die waterkrip se water  inhoud is 250 liter water dws 1 tablet vir elke 25 liter water weekliks  onder die waterklep (ballvalve).

FOTO 2

Foto Nr 2 is op die 19 Des 2010 tyd 10h30 geneem, dit was die oggend nadat die waterkrip doserings tablette in die waterkrip gegooi is.


Let op na die swaar besmetting van blou bosluise en die ontsteking wat dit al veroorsaak het.


Dit is plus minus 15 ure na die  talette in die krip gegooi is.

Foto no 3 is op die 20 Des 2010 geneem. Tyd 11h00 die oggend.


“JA DIT IS PERSIES DIESELFDE BEES, NO 0751.   LET OP NA DIE BYT PLEKKE  AGTER DIE BLAD EN TEEN DIE REGTER VOORPOOT”. 

Voor teen die bors en keelvel  is daar nog bosluise te sien maar hulle tydjie raak min.  Let op na die swelling van die bytplekke op die volgende foto.


Dit is nou plus minus 42 uur nadat die waterkrip doserings tablette in die waterkrip gegooi is.

 

Ongelukkig is daar nie n foto geneem op die 21 Des 2010, ek was uitstedig daardie dag

Foto no 4 is op die 22 Des 2010 geneem.  Tyd 11h15 die oggend.


JA DIT IS SKRIKWEKKEND WAT ‘N KLOMP BOSLUISE AAN ‘N DIER KAN DOEN.   NOU,  KAN DIT BEHEER EN VOORKOM  WORD DEUR TABLETTE  WEEKLIKS IN DIE WATERKRIP  TE GOOI . 

‘n Volwasse bloubosluis wyfie  kan tot 3000  bevrugte eiers lê indien, daar ‘n bosluis mannetjie beskikbaar is, wat haar kan bevrug tydens haar verblyf op die dier. Indien ons die mannetjie vinnig van die dier kan afkry versteur ons die bevrugting proses, hoe minder bosluis wyfie bevrug word hoe beter.  Waar sy moontlik 3000 eiers sou lê, word sy beperk tot lae getal eiers.
Dws ons beperk die hoeveelheid nuwelinge wat moontlik weer ‘n nuwe siklus kan begin, sodoende word die aanwas proses versteur.


Volgens ons proewe het dit duidelik uitgestaan dat bloubosluise wat ‘n eengasheer bosluise is nie kan ontwikkel of vorder tot volwasse stadiums nie.  Ons het op party diere enkele klein bloubosluisies vir ‘n dag of twee waargeneem waarna hulle net doodeenvoudig verdwyn het.


Dit is persies wat  die EKO waterkrip doserings tablette doen, die aktiewe bestandele bly in die dier se liggaam vir lang tye want die diere drink elke dag plus minus twee keer op ‘n dag water en bou sodanig vir hom ‘n groot weerstand op teen die parrasiete en weer die klein  bosluis nimfies vroeg af, dit gebeur met die hase en dassies ook almal wat water by die behandelde waterkrip drink

Dag 1
Die foto was ook die 18 Des 2010 geneem.
Let op hoe die bosluise verminder na die volgende foto , hou die boudarea en keelvel dop.

Dag 2
Die foto is die 19 Des 2010 omtrent 11.30 geneem.  Die boud is redelik skoon die keelvel het nog ‘n klomp bontpote op, hulle is van nature ‘n taaier soort bosluis as die bloubosluise.
17 Ure na die tablette in die krip gegooi is.

Dag 3
Die foto is die 20 Des 2010, geneem, let op daar is nog so een of twee bosluise op die uier  en by die keelvel, jammer vir die vinnige foto maar sy is nie die maklikste  dier in die trop om mee te werk nie altyd aan die beweeg.
Daar is ongelukkig nie fotos van die 21Des 2010 geneem nie ek was daardie dag uitstedig.

Die foto is 41 ure na die proef begin het geneem.

Dag 5
Die foto is die 22 Des 2010 geneem ,sy is plus minus 90% skoon van bosluise stel u self tevrede.  Hierdie bees het net Waterkrip dosering tablette in die waterkrip  gekry.  1 Tablet vir elke 25 liter water in die waterkrip.


Die hoeveelheid diere 200 of 300 skape wat by die waterkrip drink maak nie saak nie, dit gaan oor die hoeveelheid water wat deur die waterklep (ballvalve) vloei, oor die tablette beweeg wat stadig oplos en sodanig met die drinkwater meng sodat die diere dit kan drink en in neem.


N/B Die beeste het vanaf die 18 Des 2010 net Waterkrip doserings tablette gekry het, maar onthou hulle het net een drinkplek in die veld, die tablette sal nie effektief werk waar daar  spruite,staande water of rivierwater in dieselfde kamp is nie.

Tablet en metode, gekom het om te bly is ook waar.
Voordele.
1. Daar word geen arbeid benodig vir die soort  dosering  nie. Ja jy moet jou waterkrippe elke   week behoorlik skoonmaak, want die Tablet kan nie behoorlik oplos in vuil moderige water
nie.

2. Alle wilde voëls en velddiere bv, Tarentale,Uile, Valke, Jakkalse, Steenbokke, Duikers,  Muise,  Akkedisse ens, wat by die waterkrip waterdrink, word vir die eerstekeer ooit gedoseer,  hulle is van die grootste parasietdraeres,  d.w.s as die veld nie skoon gemaak word nie het jy as veeboer nog nie veel bereik nie.

N/B   Om te sê ek het my skape/beeste gedoseer, sê nou maar vir bosluise, en die velddiere word nie saam gedoseer nie, het jy maar een van die baie spesies, in die veld van
parasiete skoon gemaak, is dit nie dalk een van die hoofredes waar    parasietweerstandigheid vandaan kom nie?     

Die veeboere  spook om die parasiete weg van sy vee te hou, en die velddiere dra hulle aan wat n  duiwelse kringloop.  As 'n dier gedoseer is dan is die meerderheid van die parasiet binne in, of op, die dier tog dood maar binne minder as n maand presteer hulle weer voluit dit maak nie sin nie.

Die foto is die 19 Des geneem.

Die foto is die 20 Des 2010 geneem.


Let op na die bosluis byt knoppe op die blad  en agter die blad.


Onthou daar is nie n foto die 21 Des 2010 geneem nie ek was uitstedig.

Hierdie Waterkrip oplosbare tablet  verdien die respek van baie van sy voorgangers, nee dit is werklik een van die groter  nuwe uitvindings wat  nog  vir die modern vee bedryf  ontwikkel en ontwerp is.


Dit bring n hele nuwe dimensie na die veebedryf toe

Klein Kalf foto;


Let op na die kalf aan die linkerkant, hierdie kalf drink nog nie self by die waterkrip nie.


Ons neem die bloed merke onder die kalwers se sterte waar sodra die bosluise afval.  Ons neem aan, dat die kalwers deur hulle ma se melk genoeg aktief in kry, sodat hy homself kan doseer en ‘n goeie weerstand kan opbou teen die verskillende  soort  parasiete.

So lyk bv al die kalwers na hulle ma’s met die waterkripdoseringstablette behandel is.  Die kalwers was nog nooit gedoseer of behandel vir enige parasiete nie.


Jy kry nog in n klein mate bosluise van tyd tot tyd maar ‘n goeie 70/80% val af, ons het dit nie wetenskaplik gemeet nie, dit is bloot ons eie  mening, oortuigings en ons eie ondervinding omdat ons elke dag met ons diere werk.


N/B Ons gebruik twee groot boere se bees troppe in die proewe wat onderskeidelik uit 600 en  750 beeste bestaan. Dit is buiten ons eie twee troppe beeste van plus minus 78 en 125 beeste .


Hierdie tablette word vervaardig in ‘n E/U geregistreerde laboratorium onder die E/U  se uiterste hoë standaarde van goedkeuring.  Dit is geregistreer by die medisyne raad onder Wet 101 van 65 as ‘n natuurlik veedosering.

© 2015 by Kerneels & Louise Truter. All rights reserved.

bottom of page