




BEESTE
Die Waterkripdoseringtablette is die nuutste doseringsproduk en metode op die mark om alle vee, perde, volstruise of wild te doseer vir uitwendige en vir inwendige parasiete.
Dit is ‘n gepatenteerde produk, so ook die doseringsmetode. Dit word deur Bavativerspreiders, vervaardig, bemark en versprei, onder die naam Eko Waterkripdoseringtablette, asook onder naam Bavati Waterkripdoseringstablette, asoo onder die naam Oplosbare Waterkripdoseringstablette.
Dit werk eenvoudig, sonder enige arbeid, krale, geen spanning vir jou, of jou diere nie, net ‘n plesier om weer met vee en wild te boer. Geen gevangery van diere, nee, net ‘n tablet wat ‘n veeboer weekliks in die waterkrip gooi, eenvoudig en dis al wat ‘n mens moet doen. Ja ‘n veeboer moet sy suipkrippe elke week skoon maak anders smaak en ruik die water maklik oud en onsmaaklik. Skoon krippe is noodsaaklik. om die sukses van hierdie dosering te ervaar.
Dit werk vir in- sowel as vir uitwendige parasiete. (Sien aangehegte reeks proeffotos) Dit het geen newe effekte vir mens of diere nie. Kyk na die foto-album en oordeel self of dit werk vir parasiet behandeling of nie.
18 Desember 2010 is die eerste fotos van hierdie proef geneem na ons die volgende beeste ‘n rooi Angus koei no 0751, Simentaler no 42 en Wit Simentaler kruis koei no 65 wat die ergste met die Blou- sowel as met Bontpoot bosluise besmet was, uit die trop van 78 beeste gekies het vir die proef. Die diere het tydens die proef ‘n deel van die groter trop gebly en is nooit uit die groter trop verwyder of in ‘n kraal of drukgang gejaag vir enige werk aan die trop nie.
Baie belangrik: Bavati verklaar dat as die eienaar van die trop beeste, dat daar nog nie enige chemiese doseringsmiddels vir bosluise in hierdie trop beeste gebruik is of was nie, daar is alleenlik van die waterkripdoseringstablette vir bosluisbehandeling gebruik gemaak. In hierdie proef praat ons net van die beheer en behandeling van bosluise hetsy Bloubosluise of Bontpootbosluise. Die tablette is weekliks in die waterkrippe gegooi volgens voorskrifte van die vervaardigers en die ontwerpers.
Die metode van besmetting vir die proef:
Die metode wat ons gebruik het was om die hele trop beeste ‘n hoë tipe suikerenergielek te gee, in hierdie geval, (Nutri se energielekke) die bedoeling was om dit te gee, 10 dae voor die tyd, d.w.s vanaf 8 Desember 2010. Hulle kry as ‘n reël soutfosfaatlekke die tyd van die jaar, die hoë energie lekke is as reël nie nodig die tyd van die seisoen nie en is geneig tot bevordering van hoë bosluis besmettings, maar in hierdie geval ‘n uitsondering vir die proef.
Die beeste het plus minus vyf dae geneem om die hoë-energielekbakke leeg te vreet, maar hulle het in die besmette kamp gebly tot die dag d.w.s. die 18 Des 2010 toe die proef in ‘n ander kamp begin het. Die beeste is toe in die bosluiskamp gelos om goed besmet te word vir plus minus 10 dae, hulle het vir die orige tyd in die kamp net soutfosfaatlekke gekry.
Daar was nie ‘n spesifieke groep beeste in die trop van plus minus 78 wat ons geteiken het nie, ons het die beeste met die meeste bosluise uitgesoek en daarmee is die proef gedoen.
Tydens die proef van plus minus vyf/ses dae was die dag temperature vanaf 24’tot 34’ grade met ‘n gemiddeld van 31.4’ grade. Die nag temp was 15’tot 19’ met ‘n gemiddeld van 17,2, daar was een reën dag gedurende die week, dit het 22mm gereën.
Die metode van dosering :
Die metode wat gebruik word is ook gepatenteer, dit behels die Waterkripdoseringstabletmetode van dosering vir, skape, beeste, perde, wild,volstuise ens.
Dit is om die waterkrippe eers skoon te was en alle slik en modder uit die waterkrip te verwyder. Daarna word die doserings tablette onder die waterklep (ballvalve) gegooi en gelos om stadig (die tablette begin binne drie tot vier ure werk) oor plus minus sewe dae of langer of ‘n korter tydperk as sewe dae op te los, die diere drink elke dag plus minus twee of meer keer op ‘n dag daarvan.
Die tablette los stadig op en meng met die water, sodra die water deur die waterklep (ballvalve) loop of spoel om die waterkrip vol te maak.
Sodra die diere water drink of suip word hulle met die dosering wat nou met die drink water gemeng is gevul, die dosering word nou in die dier se liggaam en stelsel opgeneem en vrygestel en sodoende weer hy sy parrasiete af. Deur die metode reg te gebruik hoef jy nie jou beeste kraal toe te jaag en ‘n hele dag daar te spandeer om jou diere te doseer en skoon te maak nie, ‘n veeboer gooi slegs een tablet vir elke 25 liter water in die waterkrip.
Die Waterkripdoseringtabletmetode werk op ‘n arbeidlose metode waar ‘n mens slegs een tablet vir elke 25 liter water in die waterkrip gooi. N/B die beskrywing is die geregistreerde patent beskrywing.
Die metode van proewe:
Die hoë standaarde wat gehandhaaf word tydens die proewe wys net die erns waarmee al die proewe gedoen word. Die proewe word gedoen onder ’n hoogs aangeskrewe veearts se oog, die skaapmismonsters word deur homself gedoen en dan die bosluistoetse word ook deur hom nagegaan van tyd tot tyd met behulp van fotos.
Omrede afstand vir ons ‘n baie groot probleem is, probeer ons die mismonster altyd so vat dat ons tyd het om dit behoorlik te bespreek en dit te boekstaaf d.w.s. daar is nie so baie geskrewe data van die mismonsters op die oomblik nie, maar ek dink ons vorder goed daarmee as u in ag neem dat ons al twee in privaatpraktyk is.
N/B Hierdie doserings produk en metode is ‘n wêreld eerste daar het so ‘n groot bekommernis in die veeboerdery ontstaan, as gevolg van parasietweerstandigheid teen chemiesedoseringmiddele en dit saam met ‘n groot arbeid te kort op die Suid Afrikaans veeplase. Daar is ‘n afname van tot 27.9% minder arbeiders, net in die Vrystaat ,van dié arbeiders is te swak om ‘n skaap te vang, hetsy in ‘n drukgang of in ‘n kraal. As gevolg van miv en vigs het die veegetalle al begin afneem soos veeboere van hulle vee ontslae geraak het. Vee het altyd doserings arbeid nodig, nou het u minder arbeid nodig.
Vervaardigings proses;
Die tablette word vervaardig en verpak in die laboratorium onder streng Europese Unie-voorwaardes en standaarde. Die prosesering prosesse vind plaas onder van die strengste beheer waarvan ons bewus is. Geniet die foto reis en oordeel self. Maak gebruik van jou pyltjie aanwyser op die regterkant van jou skerm om die foto gallery op en af te laat beweeg.
NB! SIEN HIERDIE TABLETTE AS ‘N HULPMIDDEL TEEN PARASIET WEERSTANDIGHEID EN NIE AS ‘N BEDREIGING VIR DIE MODERNE WILD EN VEEBOERDERYE NIE.